Terug na Eksodus

Eksodus 24

Status van die hoofstuk: konsep

Grondteks & Engels

Sien jy iets wat nie reg is nie? Tik op 'n versnommer om die vers na te gaan of 'n verandering voor te stel.

1En aan Moses het Hy gesê: “Klim op na die HERE, jy en Aäron, Nadab en Abihu, en 70 van die ouderlinge van Israel, en julle moet van ver af neerbuig.וְאֶל־מֹשֶׁ֨ה אָמַ֜ר עֲלֵ֣ה אֶל־יְהוָ֗ה אַתָּה֙ וְאַהֲרֹן֙ נָדָ֣ב וַאֲבִיה֔וּא וְשִׁבְעִ֖ים מִזִּקְנֵ֣י יִשְׂרָאֵ֑ל וְהִשְׁתַּחֲוִיתֶ֖ם מֵרָחֹֽק׃Then the LORD said to Moses, “Come up to the LORD—you and Aaron, Nadab and Abihu, and seventy of Israel’s elders—and you are to worship at a distance. 2En Moses alleen moet nader kom na die HERE, maar hulle mag nie nader kom nie, en die volk mag nie saam met hom opklim nie.”וְנִגַּ֨שׁ מֹשֶׁ֤ה לְבַדּוֹ֙ אֶל־יְהוָ֔ה וְהֵ֖ם לֹ֣א יִגָּ֑שׁוּ וְהָעָ֕ם לֹ֥א יַעֲל֖וּ עִמּֽוֹ׃Moses alone shall approach the LORD, but the others must not come near. And the people may not go up with him.”
3En Moses het gekom en aan die volk al die woorde van die HERE en al die verordeninge vertel; en die hele volk het met een stem geantwoord en gesê: “Al die woorde wat die HERE gespreek het, sal ons doen.”וַיָּבֹ֣א מֹשֶׁ֗ה וַיְסַפֵּ֤ר לָעָם֙ אֵ֚ת כָּל־דִּבְרֵ֣י יְהוָ֔ה וְאֵ֖ת כָּל־הַמִּשְׁפָּטִ֑ים וַיַּ֨עַן כָּל־הָעָ֜ם ק֤וֹל אֶחָד֙ וַיֹּ֣אמְר֔וּ כָּל־הַדְּבָרִ֛ים אֲשֶׁר־דִּבֶּ֥ר יְהוָ֖ה נַעֲשֶֽׂה׃When Moses came and told the people all the words and ordinances of the LORD, they all responded with one voice: “All the words that the LORD has spoken, we will do.” 4En Moses het al die woorde van die HERE opgeskryf, en hy het vroeg in die môre opgestaan en ’n altaar onder aan die berg gebou, en twaalf klippilare vir die twaalf stamme van Israel.
aLetterlik: twaalf opgerigte klippe.
וַיִּכְתֹּ֣ב מֹשֶׁ֗ה אֵ֚ת כָּל־דִּבְרֵ֣י יְהוָ֔ה וַיַּשְׁכֵּ֣ם בַּבֹּ֔קֶר וַיִּ֥בֶן מִזְבֵּ֖חַ תַּ֣חַת הָהָ֑ר וּשְׁתֵּ֤ים עֶשְׂרֵה֙ מַצֵּבָ֔ה לִשְׁנֵ֥ים עָשָׂ֖ר שִׁבְטֵ֥י יִשְׂרָאֵֽל׃And Moses wrote down all the words of the LORD. Early the next morning he got up and built an altar at the base of the mountain, along with twelve pillars for the twelve tribes of Israel.
5Toe het hy die jong manne van die Israeliete gestuur, en hulle het brandoffers opgebring en slagoffers geslag, vredeoffers vir die HERE, bulle.וַיִּשְׁלַ֗ח אֶֽת־נַעֲרֵי֙ בְּנֵ֣י יִשְׂרָאֵ֔ל וַיַּֽעֲל֖וּ עֹלֹ֑ת וַֽיִּזְבְּח֞וּ זְבָחִ֧ים שְׁלָמִ֛ים לַיהוָ֖ה פָּרִֽים׃Then he sent out some young men of Israel, and they offered burnt offerings and sacrificed young bulls as peace offerings to the LORD. 6En Moses het die helfte van die bloed geneem en dit in die komme gesit, en die helfte van die bloed het hy op die altaar gesprinkel.וַיִּקַּ֤ח מֹשֶׁה֙ חֲצִ֣י הַדָּ֔ם וַיָּ֖שֶׂם בָּאַגָּנֹ֑ת וַחֲצִ֣י הַדָּ֔ם זָרַ֖ק עַל־הַמִּזְבֵּֽחַ׃Moses took half of the blood and put it in bowls, and the other half he splattered on the altar. 7Toe het hy die boek van die verbond geneem en dit in die ore van die volk gelees. En hulle het gesê: “Alles wat die HERE gespreek het, sal ons doen, en ons sal gehoorsaam wees.”
aLetterlik: en ons sal hoor.
וַיִּקַּח֙ סֵ֣פֶר הַבְּרִ֔ית וַיִּקְרָ֖א בְּאָזְנֵ֣י הָעָ֑ם וַיֹּ֣אמְר֔וּ כֹּ֛ל אֲשֶׁר־דִּבֶּ֥ר יְהוָ֖ה נַעֲשֶׂ֥ה וְנִשְׁמָֽע׃Then he took the Book of the Covenant and read it to the people, who replied, “All that the LORD has spoken we will do, and we will be obedient.”
8En Moses het die bloed geneem en dit op die volk gesprinkel, en gesê: “Kyk, die bloed van die verbond wat die HERE met julle gesluit het volgens al hierdie woorde.”
aLetterlik: wat die HERE met julle gesny het.
וַיִּקַּ֤ח מֹשֶׁה֙ אֶת־הַדָּ֔ם וַיִּזְרֹ֖ק עַל־הָעָ֑ם וַיֹּ֗אמֶר הִנֵּ֤ה דַֽם־הַבְּרִית֙ אֲשֶׁ֨ר כָּרַ֤ת יְהוָה֙ עִמָּכֶ֔ם עַ֥ל כָּל־הַדְּבָרִ֖ים הָאֵֽלֶּה׃So Moses took the blood, splattered it on the people, and said, “This is the blood of the covenant that the LORD has made with you in accordance with all these words.”
9En Moses en Aäron, Nadab en Abihu, en 70 van die ouderlinge van Israel het opgeklim,וַיַּ֥עַל מֹשֶׁ֖ה וְאַהֲרֹ֑ן נָדָב֙ וַאֲבִיה֔וּא וְשִׁבְעִ֖ים מִזִּקְנֵ֥י יִשְׂרָאֵֽל׃Then Moses went up with Aaron, Nadab and Abihu, and seventy of the elders of Israel, 10Hulle het die God van Israel gesien. En onder Sy voete was iets soos die werk van 'n saffierteël, en soos die hemel self in helderheid.
aLetterlik: soos die gebeente van die hemel in helderheid.
וַיִּרְא֕וּ אֵ֖ת אֱלֹהֵ֣י יִשְׂרָאֵ֑ל וְתַ֣חַת רַגְלָ֗יו כְּמַעֲשֵׂה֙ לִבְנַ֣ת הַסַּפִּ֔יר וּכְעֶ֥צֶם הַשָּׁמַ֖יִם לָטֹֽהַר׃and they saw the God of Israel. Under His feet was a work like a pavement made of sapphire, as clear as the sky itself.
11Maar teen die vooraanstaandes van die Israeliete het Hy nie Sy hand uitgesteek nie; en hulle het God aanskou, en geëet en gedrink.וְאֶל־אֲצִילֵי֙ בְּנֵ֣י יִשְׂרָאֵ֔ל לֹ֥א שָׁלַ֖ח יָד֑וֹ וַֽיֶּחֱזוּ֙ אֶת־הָ֣אֱלֹהִ֔ים וַיֹּאכְל֖וּ וַיִּשְׁתּֽוּ׃ סBut God did not lay His hand on the nobles of Israel; they saw Him, and they ate and drank.
12En die HERE het vir Moses gesê: “Klim op na My toe op die berg en bly daar, en Ek sal aan jou die kliptafels gee, en die wet en die gebod wat Ek geskryf het om hulle te onderrig.”וַיֹּ֨אמֶר יְהוָ֜ה אֶל־מֹשֶׁ֗ה עֲלֵ֥ה אֵלַ֛י הָהָ֖רָה וֶהְיֵה־שָׁ֑ם וְאֶתְּנָ֨ה לְךָ֜ אֶת־לֻחֹ֣ת הָאֶ֗בֶן וְהַתּוֹרָה֙ וְהַמִּצְוָ֔ה אֲשֶׁ֥ר כָּתַ֖בְתִּי לְהוֹרֹתָֽם׃Then the LORD said to Moses, “Come up to Me on the mountain and stay here, so that I may give you the tablets of stone, with the law and commandments I have written for their instruction.” 13En Moses het opgestaan, en Josua, sy dienaar, en Moses het opgeklim na die berg van God.וַיָּ֣קָם מֹשֶׁ֔ה וִיהוֹשֻׁ֖עַ מְשָׁרְת֑וֹ וַיַּ֥עַל מֹשֶׁ֖ה אֶל־הַ֥ר הָאֱלֹהִֽים׃So Moses set out with Joshua his attendant and went up on the mountain of God. 14Maar aan die ouderlinge het hy gesê: “Bly hier vir ons totdat ons na julle terugkeer. Kyk, Aäron en Hur is by julle; wie 'n saak het, laat hom na hulle toe nader kom.”
aLetterlik: wie 'n meester van sake is.
וְאֶל־הַזְּקֵנִ֤ים אָמַר֙ שְׁבוּ־לָ֣נוּ בָזֶ֔ה עַ֥ד אֲשֶׁר־נָשׁ֖וּב אֲלֵיכֶ֑ם וְהִנֵּ֨ה אַהֲרֹ֤ן וְחוּר֙ עִמָּכֶ֔ם מִי־בַ֥עַל דְּבָרִ֖ים יִגַּ֥שׁ אֲלֵהֶֽם׃And he said to the elders, “Wait here for us until we return to you. Aaron and Hur are here with you. Whoever has a dispute can go to them.”
15En Moses het opgeklim na die berg, en die wolk het die berg bedek.וַיַּ֥עַל מֹשֶׁ֖ה אֶל־הָהָ֑ר וַיְכַ֥ס הֶעָנָ֖ן אֶת־הָהָֽר׃When Moses went up on the mountain, the cloud covered it, 16En die heerlikheid van die HERE het op die berg Sinai gewoon, en die wolk het dit ses dae lank bedek; en op die sewende dag het Hy na Moses geroep uit die wolk.וַיִּשְׁכֹּ֤ן כְּבוֹד־יְהוָה֙ עַל־הַ֣ר סִינַ֔י וַיְכַסֵּ֥הוּ הֶעָנָ֖ן שֵׁ֣שֶׁת יָמִ֑ים וַיִּקְרָ֧א אֶל־מֹשֶׁ֛ה בַּיּ֥וֹם הַשְּׁבִיעִ֖י מִתּ֥וֹךְ הֶעָנָֽן׃and the glory of the LORD settled on Mount Sinai. For six days the cloud covered it, and on the seventh day the LORD called to Moses from within the cloud. 17En die aanblik van die heerlikheid van die HERE was soos ’n verterende vuur op die top van die berg, voor die oë van die Israeliete.וּמַרְאֵה֙ כְּב֣וֹד יְהוָ֔ה כְּאֵ֥שׁ אֹכֶ֖לֶת בְּרֹ֣אשׁ הָהָ֑ר לְעֵינֵ֖י בְּנֵ֥י יִשְׂרָאֵֽל׃And the sight of the glory of the LORD was like a consuming fire on the mountaintop in the eyes of the Israelites. 18En Moses het midde-in die wolk ingegaan en na die berg opgeklim; en Moses was op die berg 40 dae en 40 nagte.וַיָּבֹ֥א מֹשֶׁ֛ה בְּת֥וֹךְ הֶעָנָ֖ן וַיַּ֣עַל אֶל־הָהָ֑ר וַיְהִ֤י מֹשֶׁה֙ בָּהָ֔ר אַרְבָּעִ֣ים י֔וֹם וְאַרְבָּעִ֖ים לָֽיְלָה׃ פMoses entered the cloud as he went up on the mountain, and he remained on the mountain forty days and forty nights.