Terug na Eksodus

Eksodus 1

Status van die hoofstuk: konsep

Grondteks & Engels

Sien jy iets wat nie reg is nie? Tik op 'n versnommer om die vers na te gaan of 'n verandering voor te stel.

1Dit is die name van die Israeliete wat na Egipte gekom het; saam met Jakob het elkeen met sy huisgesin gekom.
aLetterlik: seuns van Israel.
וְאֵ֗לֶּה שְׁמוֹת֙ בְּנֵ֣י יִשְׂרָאֵ֔ל הַבָּאִ֖ים מִצְרָ֑יְמָה אֵ֣ת יַעֲקֹ֔ב אִ֥ישׁ וּבֵית֖וֹ בָּֽאוּ׃These are the names of the sons of Israel who went to Egypt with Jacob, each with his family:
2Ruben, Simeon, Levi en Juda,רְאוּבֵ֣ן שִׁמְע֔וֹן לֵוִ֖י וִיהוּדָֽה׃Reuben, Simeon, Levi, and Judah; 3Issaskar, Sebulon en Benjamin,יִשָּׂשכָ֥ר זְבוּלֻ֖ן וּבְנְיָמִֽן׃Issachar, Zebulun, and Benjamin; 4Dan en Naftali, Gad en Aser.דָּ֥ן וְנַפְתָּלִ֖י גָּ֥ד וְאָשֵֽׁר׃Dan and Naphtali; Gad and Asher. 5Al die persone wat uit Jakob se lendene voortgekom het, was 70 persone; en Josef was in Egipte.
aLetterlik: uit die heup van Jakob.
bSommige ou vertalings lees: 75 persone.
וַֽיְהִ֗י כָּל־נֶ֛פֶשׁ יֹצְאֵ֥י יֶֽרֶךְ־יַעֲקֹ֖ב שִׁבְעִ֣ים נָ֑פֶשׁ וְיוֹסֵ֖ף הָיָ֥ה בְמִצְרָֽיִם׃The descendants of Jacob numbered seventy in all, including Joseph, who was already in Egypt.
6Toe het Josef gesterf, en al sy broers en daardie hele geslag.וַיָּ֤מָת יוֹסֵף֙ וְכָל־אֶחָ֔יו וְכֹ֖ל הַדּ֥וֹר הַהֽוּא׃Now Joseph and all his brothers and all that generation died, 7Maar die Israeliete was vrugbaar en het gewemel en het talryk geword en het baie, baie sterk geword, en die land het vol van hulle geword.
aLetterlik: die seuns van Israel.
וּבְנֵ֣י יִשְׂרָאֵ֗ל פָּר֧וּ וַֽיִּשְׁרְצ֛וּ וַיִּרְבּ֥וּ וַיַּֽעַצְמ֖וּ בִּמְאֹ֣ד מְאֹ֑ד וַתִּמָּלֵ֥א הָאָ֖רֶץ אֹתָֽם׃ פbut the Israelites were fruitful and increased rapidly; they multiplied and became exceedingly numerous, so that the land was filled with them.
8Toe het daar 'n nuwe koning oor Egipte opgestaan wat Josef nie geken het nie.וַיָּ֥קָם מֶֽלֶךְ־חָדָ֖שׁ עַל־מִצְרָ֑יִם אֲשֶׁ֥ר לֹֽא־יָדַ֖ע אֶת־יוֹסֵֽף׃Then a new king, who did not know Joseph, came to power in Egypt. 9Hy het vir sy volk gesê: “Kyk, die volk van die Israeliete is talryker en sterker as ons.
aOf: te talryk en te sterk vir ons.
וַיֹּ֖אמֶר אֶל־עַמּ֑וֹ הִנֵּ֗ה עַ֚ם בְּנֵ֣י יִשְׂרָאֵ֔ל רַ֥ב וְעָצ֖וּם מִמֶּֽנּוּ׃“Look,” he said to his people, “the Israelites have become too numerous and too powerful for us.
10Kom, laat ons slim teen hulle optree, sodat hulle nie nog talryker word nie en, wanneer daar oorlog kom, hulle hulle ook by die wat ons haat, voeg en teen ons veg en uit die land optrek.”
aOf: en die land in besit neem.
הָ֥בָה נִֽתְחַכְּמָ֖ה ל֑וֹ פֶּן־יִרְבֶּ֗ה וְהָיָ֞ה כִּֽי־תִקְרֶ֤אנָה מִלְחָמָה֙ וְנוֹסַ֤ף גַּם־הוּא֙ עַל־שֹׂ֣נְאֵ֔ינוּ וְנִלְחַם־בָּ֖נוּ וְעָלָ֥ה מִן־הָאָֽרֶץ׃Come, let us deal shrewdly with them, or they will increase even more; and if a war breaks out, they may join our enemies, fight against us, and leave the country. ”
11Toe het hulle owerstes van dwangarbeid oor hulle aangestel, om hulle met hulle swaar lasse te onderdruk; en hulle het voorraadstede vir Farao gebou: Pitom en Raämses.וַיָּשִׂ֤ימוּ עָלָיו֙ שָׂרֵ֣י מִסִּ֔ים לְמַ֥עַן עַנֹּת֖וֹ בְּסִבְלֹתָ֑ם וַיִּ֜בֶן עָרֵ֤י מִסְכְּנוֹת֙ לְפַרְעֹ֔ה אֶת־פִּתֹ֖ם וְאֶת־רַעַמְסֵֽס׃So the Egyptians appointed taskmasters over the Israelites to oppress them with forced labor. As a result, they built Pithom and Rameses as store cities for Pharaoh. 12Maar hoe meer hulle hulle verdruk het, hoe meer het hulle vermeerder en hoe meer het hulle uitgebrei; en hulle het van die Israeliete gegril.
aOf: het hulle vir die Israeliete gevrees.
וְכַאֲשֶׁר֙ יְעַנּ֣וּ אֹת֔וֹ כֵּ֥ן יִרְבֶּ֖ה וְכֵ֣ן יִפְרֹ֑ץ וַיָּקֻ֕צוּ מִפְּנֵ֖י בְּנֵ֥י יִשְׂרָאֵֽל׃But the more they were oppressed, the more they multiplied and flourished; so the Egyptians came to dread the Israelites.
13Toe het die Egiptenare die Israeliete met wreedheid laat dien.וַיַּעֲבִ֧דוּ מִצְרַ֛יִם אֶת־בְּנֵ֥י יִשְׂרָאֵ֖ל בְּפָֽרֶךְ׃They worked the Israelites ruthlessly 14Hulle het hulle lewe bitter gemaak met harde werk, met klei en met bakstene, en met allerhande werk op die veld: al hulle werk wat hulle hulle meedoënloos laat doen het.וַיְמָרְר֨וּ אֶת־חַיֵּיהֶ֜ם בַּעֲבֹדָ֣ה קָשָׁ֗ה בְּחֹ֨מֶר֙ וּבִלְבֵנִ֔ים וּבְכָל־עֲבֹדָ֖ה בַּשָּׂדֶ֑ה אֵ֚ת כָּל־עֲבֹ֣דָתָ֔ם אֲשֶׁר־עָבְד֥וּ בָהֶ֖ם בְּפָֽרֶךְ׃and made their lives bitter with hard labor in brick and mortar, and with all kinds of work in the fields. Every service they imposed was harsh.
15Die koning van Egipte het ook met die Hebreeuse vroedvroue gepraat. Die naam van die een was Sifra en die naam van die tweede Pua.
aOf: die vroedvroue van die Hebreërs.
וַיֹּ֨אמֶר֙ מֶ֣לֶךְ מִצְרַ֔יִם לַֽמְיַלְּדֹ֖ת הָֽעִבְרִיֹּ֑ת אֲשֶׁ֨ר שֵׁ֤ם הָֽאַחַת֙ שִׁפְרָ֔ה וְשֵׁ֥ם הַשֵּׁנִ֖ית פּוּעָֽה׃Then the king of Egypt said to the Hebrew midwives, whose names were Shiphrah and Puah,
16Hy het gesê: “Wanneer julle die Hebreeuse vroue help om geboorte te gee, moet julle op die baarstoel kyk. As dit 'n seun is, moet julle hom doodmaak, maar as dit 'n dogter is, mag sy lewe.”
aLetterlik: op die twee klippe.
וַיֹּ֗אמֶר בְּיַלֶּדְכֶן֙ אֶת־הָֽעִבְרִיּ֔וֹת וּרְאִיתֶ֖ן עַל־הָאָבְנָ֑יִם אִם־בֵּ֥ן הוּא֙ וַהֲמִתֶּ֣ן אֹת֔וֹ וְאִם־בַּ֥ת הִ֖יא וָחָֽיָה׃“When you help the Hebrew women give birth, observe them on the birthstools. If the child is a son, kill him; but if it is a daughter, let her live.”
17Maar die vroedvroue het God gevrees en nie gedoen soos die koning van Egipte vir hulle gesê het nie, en hulle het die kinders laat lewe.
aOf: die seuntjies.
וַתִּירֶ֤אןָ הַֽמְיַלְּדֹת֙ אֶת־הָ֣אֱלֹהִ֔ים וְלֹ֣א עָשׂ֔וּ כַּאֲשֶׁ֛ר דִּבֶּ֥ר אֲלֵיהֶ֖ן מֶ֣לֶךְ מִצְרָ֑יִם וַתְּחַיֶּ֖יןָ אֶת־הַיְלָדִֽים׃The midwives, however, feared God and did not do as the king of Egypt had instructed; they let the boys live.
18Toe het die koning van Egipte die vroedvroue geroep en vir hulle gesê: “Waarom het julle hierdie ding gedoen en die kinders laat lewe?”וַיִּקְרָ֤א מֶֽלֶךְ־מִצְרַ֨יִם֙ לַֽמְיַלְּדֹ֔ת וַיֹּ֣אמֶר לָהֶ֔ן מַדּ֥וּעַ עֲשִׂיתֶ֖ן הַדָּבָ֣ר הַזֶּ֑ה וַתְּחַיֶּ֖יןָ אֶת־הַיְלָדִֽים׃So the king of Egypt summoned the midwives and asked them, “Why have you done this? Why have you let the boys live?” 19Die vroedvroue het vir Farao gesê: “Omdat die Hebreeuse vroue nie soos die Egiptiese vroue is nie; want hulle is lewenskragtig: voordat die vroedvrou by hulle kom, het hulle reeds gebaar.”
aLetterlik: lewend.
וַתֹּאמַ֤רְןָ הַֽמְיַלְּדֹת֙ אֶל־פַּרְעֹ֔ה כִּ֣י לֹ֧א כַנָּשִׁ֛ים הַמִּצְרִיֹּ֖ת הָֽעִבְרִיֹּ֑ת כִּֽי־חָי֣וֹת הֵ֔נָּה בְּטֶ֨רֶם תָּב֧וֹא אֲלֵהֶ֛ן הַמְיַלֶּ֖דֶת וְיָלָֽדוּ׃The midwives answered Pharaoh, “The Hebrew women are not like the Egyptian women, for they are vigorous and give birth before a midwife arrives.”
20En God het goed gedoen aan die vroedvroue; en die volk het talryk geword en baie sterk geword.וַיֵּ֥יטֶב אֱלֹהִ֖ים לַֽמְיַלְּדֹ֑ת וַיִּ֧רֶב הָעָ֛ם וַיַּֽעַצְמ֖וּ מְאֹֽד׃So God was good to the midwives, and the people multiplied and became even more numerous. 21En omdat die vroedvroue God gevrees het, het Hy vir hulle huisgesinne gegee.
aLetterlik: het Hy vir hulle huise gemaak.
וַיְהִ֕י כִּֽי־יָֽרְא֥וּ הַֽמְיַלְּדֹ֖ת אֶת־הָאֱלֹהִ֑ים וַיַּ֥עַשׂ לָהֶ֖ם בָּתִּֽים׃And because the midwives feared God, He gave them families of their own.
22Toe het Farao sy hele volk beveel: “Elke seun wat gebore word, moet julle in die Nyl gooi, maar elke dogter moet julle laat lewe.”
aSommige ou vertalings lees: Elke seun wat vir die Hebreërs gebore word.
וַיְצַ֣ו פַּרְעֹ֔ה לְכָל־עַמּ֖וֹ לֵאמֹ֑ר כָּל־הַבֵּ֣ן הַיִּלּ֗וֹד הַיְאֹ֨רָה֙ תַּשְׁלִיכֻ֔הוּ וְכָל־הַבַּ֖ת תְּחַיּֽוּן׃ סThen Pharaoh commanded all his people: “Every son born to the Hebrews you must throw into the Nile, but every daughter you may allow to live.”